Die spieël in die ouetehuis
Ou oom Fanie vra eendag vir stok ou oom Kassie: “Soos wat lyk die ou spieël voordat jy hom mooi gepoets het?”
Die ou oom loer terug oor sy vaal bril.
“Soos ‘n ou spieël,” kom die grys woorde.
Oom Fanie was nie tevrede nie.
“En hoe lyk die ou spieël nadat jy hom mooi blink gevryf het?”
“Soos ‘n ou spieël,” antwoord hy hom terug met ‘n laggie.
Stilte in die ouetehuis met die reuk van gepolleerde meubels.
Advertisement
